Friday, May 15, 2009

Sleeping Lessons


Ek sit nou met hope en hope werk, agterstallige werk, werk wat kom, werk wat is, alomteenwoordige werk, en dan nog boonop die aankomende eksamen wat oor my kop hang soos 'n geroesde guillotine. Ek voel net dat ek nie genoeg tyd het om goed uit te dink om te doen om my tyd mee te vul nie... ek hoop jy verstaan!

Ok, eerlikwaar dink ek nie dit is als so baie nie, maar niemand hou daarvan om uit die slaap en uit die lewe gehou te word deur 'n voorgeskrewe boek of 'n LO taak wat jou net sal help om matriek deur te kom en nie verder nie. Ek soek intelektuele stimulus! Ek soek die dae waar 'n hele middag afgestaan is aan 'n skeinat prakties sodat die kinders behoorlike ontploffings kan genereer, waar juffrouens ekstra poetry in engels gedoen het, sodat die kinders bietjie kan dink, waar ons nog dodgeball kon speel in LO!

Ai, toe ons nog jonk en onskuldig was...

2 comments:

  1. Defnitief nie 'n stuk wat mens moet lees wanneer jou kop seer is van nie genoeg tyd het om goed uit te dink om te doen om jou tyd mee te vul nie... gee jou net 'n erger kopseer!!
    maar ♥ daai stuk ek gaan jou quote from now on....

    ReplyDelete