Ek het eerder my aandag gerig op die mense daar. Dit was die interessantste versameling van wesens nog! Bouwer het 'n boodskap van verlossing en genade gedeel met die mense en daar was klomp blink oogies wat in verwondering gestaar het en ingeneem het. Die beste was egter dat hulle musiek en lirieke soveel verskillende tipes mense kon lok. Dit spreek tot en inspireer almal: ryk, arm, jonk, baie jonk, oud, emo, goth, metal-heads, melaats, gebreklik, daai ou wat effens soo hunchback of Notre Dame lyk...
Of jy nou na die tyd Presleys toe gaan en of jy Edward Street toe gaan, vir een aand het julle iets in gemeen gehad.
Ekt dit nogals profound gevind.